https://ddmg.zpr.co.za/wp-content/uploads/2020/05/IMG_20191121_172758-002-scaled.jpg

Team Information

  • Designation: Assistant Coach
  • Company: Dance Domination

Ek dans al vanaf die ouderdom van 3 jaar. So hierdie jaar is my 31ste jaar van dans. Ek het verkseie style gedoen, maar my groot passie lê by Freestyle. Ek het al my amateur eksamens geslaag sowel vanaf Pre-Badge tot by Annual Award. Ek het my Student Freestyle teachers in 2009 voltooi en my Associate Freestyle in 2015 voltooi. In tussen het ek ook al my hip hop Amateur eksamens voltooi en my Pre-Associate Hip Hop voltooi in 2019. Ek was ook deel van die Suid-Afrikaanse Gymnistrade span wat in Lausanne, Switserland gaan deelneem het in 2011.

Ek het ook aan kompetisies deelgeneem vanaf 8 jarige ouderdom. Ek het Championship status behaal in al die style, naamlik Freestyle Solo, Slowdance, Rock ‘n Roll, All Girls, Hustle.

Ek is ‘n Bloemfonteiner in murg en been. Het hier skool gegaan en studeer. Ek het aan Eunice Hoërskool gematriekuleer in 2004.

2007 – vang graad by UFS in Menslike Bestuurswetenskappe.
2008 – Honeurs in Kinderkinetika by UFS.
2009 – Honeurs in Sport Wetenskap by UFS.
2010 – NGOS deur Unisa.

Ek is in 2012 getroud aan Adolf Swiegers en ons het twee pragtige dogtertjies, Anzél (2015) en Marli (2017).
Ek het in 2009 deel geword van die Dance Domination Marilize Griffiths dans studio. Ek gee meestal Freestyle klasse vanaf Bronze Bar af. Help ook soms met die hip hop en die Freestyle kompitisie klas. Deur Marilize het ek my Hip Hop kwalifikasie voltooi. Ek het haar ook vergesel oorsee saam ons Disco kwalifiseerders in 2013 na Bochum in Duitsland. Ek is ook deel van die komitee van die Vrystaat se SADTA. Sy is ‘n baie goeie mentor en vriendin en wil net die beste vir elk van haar leerling hê. Ek is trots om deel te wees van DDMG.