https://ddmg.zpr.co.za/wp-content/uploads/2020/06/team.jpg

Marilize Griffiths

Marilize het op die ouderdom van 15 met haar dansafrigting by Manulani Cohen begin. In 1995 was sy oorsee om haar land tydens die Wêreld Gymnastrada in Berlyn te gaan teenwoordig.

In 2001 het sy afstand van haar amateur dansstatus gedoen en haarself professioneel verklaar en by Manulani Cohen as ‘n assistant afrigter ingestaan. In 2002 het sy haar “Associate” kwalifikasie in Freestyle verwerf en in 2005 haar “Liscentiate” kwalifikasie deur die SADTA gekry. Marilize het ook ‘n “Associate” Kwalifikasie in Hip Hop by die SADTA en het ook ‘n Groepfiksheid kwalifikasie by die IIFT. Laaste maar nie die minste nie is Marilize ook geaffilieer by die Acadamy of Belly Dancing South Africa (ABDSA) en rig al die afgelope 12 jaar Belly Dancing af.

In 2003 Marilize opens her own Dance Domination branch in Heuwelsig. This studio continues to grow from strength to strength.
In 2007 thirteen of Marilize’s dancers were chosen to the participate in the gymnastrade in Dorbirn, Austria.

Marilize is getroud met Johnny Griffiths wat haar sterk ondersteun in haar passie. Johnny se seun Bradley (23) deel Marilize se passie vir dans. Klein Rushelle (8) is ook sterk oppad om ‘n danseressie te word. Marilize se gesin sowel as haar besigheid word gebasseer op Christelike beginsels. Marilize weet dat haar talent van God af kom en met sy hulp poog sy om die beste afrigting aan haar dansers te gee.

Claudette Kriel

My dansloopbaan het begin in 1989 by Dance Domination Manulani Cohen.  Die tydlyne was as volg:

  • Kwalifiseerde Assistent in onderrig vir Akrobatiese dans by Dance Domination Marilize Griffiths.
  • Kwalifiseerde ontwerper by Zeths Dance Btq onder leiding van Elbie Marais.
  • Protea kleure in Freestyle in 2011 en verteenwoordig SA in Blackpool UK in Wêreld Kampioenskappe en bereik die semi finale. Neem ook deel aan Internasionale Kampioenskap in Stratford-Upon-Avon in Engeland en behaal 4de plek in die Solo afdeling.
  • Provinsiale kleure in Gauteng 1996 onder Jackie McGinn en Beryl Cilliers in Akrobatiese dans en verteenwoordig die SA span in die S.A. Akrobatiese Kampioenskappe.
  • Suid Vrystaat kleure 1998 in Akrobatiese dans onder Bloem Dance Connection en neem deel aan die South African Acrobatic Sport Championships in 1999.
  • Neem deel aan die Acrobatic Festival of South Africa van 1993 tot 2000 asook die Modern Festival.
  • Neem deel aan Provinsiale Kampioenskappe van 1997 tot 2012 en bereik Kampioen status in Freestyle, Slowdance, Rock n Roll, All girls, Hustle, ‘Showdance’ (WTC) en Hip Hop (WTC) onder BDC.
  • Neem deel aan Provinsiale Kampioenskappe van Kampioen status in ‘Latin’ en ‘Ballroom’ onder Studio 1.
  • Lê eksamens in Freestyle, Akrobatiese danse, Latin en Ballroom, Moderne Danse, ‘Tap’, Hip Hop.
  • Profesionele onderrig in Kontemporere dans, ‘Gumboots’, ‘African dance’, ‘Belly dance’, Karakter danse, Liriese dans, ‘Jazz’ en Gimnastiek.
    Ek het nog altyd ‘n groot passie en liefde vir dans en is geseënd om die liefde te kan deel met ‘n dans familie by DDMG.

Marelise Swiegers

Ek dans al vanaf die ouderdom van 3 jaar. So hierdie jaar is my 31ste jaar van dans. Ek het verkseie style gedoen, maar my groot passie lê by Freestyle. Ek het al my amateur eksamens geslaag sowel vanaf Pre-Badge tot by Annual Award. Ek het my Student Freestyle teachers in 2009 voltooi en my Associate Freestyle in 2015 voltooi. In tussen het ek ook al my hip hop Amateur eksamens voltooi en my Pre-Associate Hip Hop voltooi in 2019. Ek was ook deel van die Suid-Afrikaanse Gymnistrade span wat in Lausanne, Switserland gaan deelneem het in 2011.

Ek het ook aan kompetisies deelgeneem vanaf 8 jarige ouderdom. Ek het Championship status behaal in al die style, naamlik Freestyle Solo, Slowdance, Rock ‘n Roll, All Girls, Hustle.

Ek is ‘n Bloemfonteiner in murg en been. Het hier skool gegaan en studeer. Ek het aan Eunice Hoërskool gematriekuleer in 2004.

2007 – vang graad by UFS in Menslike Bestuurswetenskappe.
2008 – Honeurs in Kinderkinetika by UFS.
2009 – Honeurs in Sport Wetenskap by UFS.
2010 – NGOS deur Unisa.

Ek is in 2012 getroud aan Adolf Swiegers en ons het twee pragtige dogtertjies, Anzél (2015) en Marli (2017).
Ek het in 2009 deel geword van die Dance Domination Marilize Griffiths dans studio. Ek gee meestal Freestyle klasse vanaf Bronze Bar af. Help ook soms met die hip hop en die Freestyle kompitisie klas. Deur Marilize het ek my Hip Hop kwalifikasie voltooi. Ek het haar ook vergesel oorsee saam ons Disco kwalifiseerders in 2013 na Bochum in Duitsland. Ek is ook deel van die komitee van die Vrystaat se SADTA. Sy is ‘n baie goeie mentor en vriendin en wil net die beste vir elk van haar leerling hê. Ek is trots om deel te wees van DDMG.

Roché Lotter

Ever since I was a little girl, dance has always been an important part of my life. I’ve been dancing from 2006 age of eight and started with competitions when I was ten. I have passed all my freestyle medal tests. The plan is to do my last medal test as soon as possible. I love to do dance competitions, not for the win of it, but to always improve myself as a strong dancer.

In 2013 I qualified to represent South Africa in the Disco dance World championships in Bochum, Germany. In 2018, I qualified for the world freestyle championship in Blackpool, what an experience! In 2020, I also qualified for the freestyle world championship, but unfortunately due to circumstances the event has been cancelled. I’m going to dance until I can’t.