DDMG

Studio van Bloemfontein gaan SA verteenwoordig by die Disco Wêreldkampioenskappe

27 Feb Studio van Bloemfontein gaan SA verteenwoordig by die Disco Wêreldkampioenskappe

Studio van Bloemfontein gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die Disco Wêreldkampioenskappe

Ses en twintig (26) dansers van Dance Domination Marilize Griffiths in Bloemfontein het gekwalifiseers om aan die Disco Wêreldbyeenkoms in Chomutov, Czech Republics in Junie vanjaar te kompeteer.

Onder die leiding van Marilize Griffiths van Dance Domination Bloemfontein het die dansers, wat onderskeidelik kompeteer onder die name Velocity (15/12 WTC Disco Klein Groep), Dis-qite 5 (11 en onder WTC Disco Klein Groepies) en Synergy (16 & O WTC Disco Formasies), deelgeneem aan ‘n reeks nasionale kompetisies wat in verskeie provinsies gehou is deur die loop van 2016, en het die hele seisoen uitgeblink. Hulle hou almal tans die no 1 posisie in Suid-Afrika vir 2016 vir hul onderskeie groepe.

Die dansers is: Tanielle Moody (18  – Student UFS), Ashley Groenewald (18  – Sentraal Hoërskool), Nadene Barkhuizen (17  – Sentraal Hoërskool), Audrey Barkhuizen (15  – Sentraal Hoërskool), Lalique Titus (16  – St Michaels), Mine Pulzone (17  – Oranje Meisies Skool), Elandri Pulzone (15  – Oranje Meisies Skool), Marike Louw (16  – Eunice Hoërskool), Erin van Zyl (14  – Sentraal Hoërskool), Mikal Potgieter (14  – Sentraal Hoërskool), Zendre du Plessis (16  – Oranje Meisies Skool), Sune Foord (15  – Sentraal Hoërskool), Allison Lombard (14  – Sentraal Hoërskool), van den Heever Gabby (14  – Oranje Meisies Skool), Danielle Breytenbach (14  – Oranje Meisies Skool), Logan Landman (13  – Grey College), Sarah-Anne McKay (14  – Eunice Hoërskool), Vilandi Boshoff (14  – Sentraal Hoërskool), Alri Vorster (20  – Student Ufs), Nadine Cairns (21  – Student Ufs), Gemma Coetzee (21  – Student Ufs), Rushelle Griffiths (10  – Willem Postma), Elsje Joubert (9  – Willem Postma), Char-lene Boshoff (10  – Willem Postma), Gabrielle Pienaar (10  – Oranje Meisies Skool) and Danyelle Pienaar (8  – Oranje Meisies Skool).

Daarbenewens het die Bloemfontein-ateljee ook die volgende solo en duo ranglys in Suid-Afrika: Ranking 1ste vir 11 & Onder Disco Duo – Rushelle Griffiths / Char-Lene Boshoff, 3de vir 11 & Onder Disco Solo – Char-Lene Boshoff, 2de vir 12/15 Disco Duo – Danielle Breytenbach / Allison Lombard, 16 & Oor – Nadene Barkhuizen / Zendre du Plessis, 5de in 12/15 Disco Solo – Mikal Potgieter, 3de 12 / 15 Disco Freestyle, Mikal Potgieter en 4de Vilandi Boshoff.

Sê Marilize Griffiths: “Ek is ongelooflik trots op my dansers. Nie net het hulle kwalifiseer vir die Disco Wêreldkampioenskappe nie, hulle hou ook tans die nommer 1 posisie in Suid-Afrika in hul onderskeie groepe. Ek is seker ons gaan Suid-Afrika baie trots maak…”

Die Disco Wêreldkampioenskappe val onder die IDO (International Dance Organisasie) – ‘n Wêreld Dans- en Dans Federasie met ‘n lidmaatskap van meer as 90 lande, wat meer as 250,000 dansers, uit ses vastelande insluit.

Die ateljee verwelkom enige bydrae tot die span om die kostes te verlig om te reis na Chomutov, Tsjeggiese Republiek. Dans Domination gaan ook ‘n Bingo aand hou op 10 Maart 2017. Vir meer inligting of donasies aan die span, kontak Marilize Griffiths op 082 3750021s of e-pos ddmgriffiths@gmail.com of kontak Lynne Landman op 051 5229574 of e-pos lynne@zpr.co.za.

 

Support our dancers that will represent South Africa in June 2017 at the Disco World Championships in Czech Republic. Our top ranking team consist out of 26 passionate dancers from Dance Domination Marilize Griffiths. Click on the below link for a donation or contact Marilize or Lynne on ddmg@zpr.co.za – https://www.backabuddy.co.za/dance-domination-marilize-griffiths-to-rep

Dis-qite
MixgroupVelocitySynergy

No Comments

Post A Comment