DDMG

03 Aug Bloemfontein Disco Groep gaan SA verteenwoordig by die Disco Wêreldkampioenskappe

Bloemfontein Disco Groep gaan SA verteenwoordig by die Disco Wêreldkampioenskappe

Black IllusionSes dansers van Bloemfontein is gekies om aan die Disco Wêreldbyeenkoms in Bochum Duitsland in Oktober vanjaar, deel te neem.

Die span is: Jessica Lombard (16) van Sentraal Hoërskool, Mine Pulzone (16) van  C&N Meisieskool Oranje, Tanielle Moody  (17) van  C&N Meisieskool Oranje, Anandi Grobbelaar (20) ‘n student by UVS, Bianca Boshoff (15) van Sentraal Hoërskool, en Elandri Pulzone (14) van  C&N Meisieskool Oranje.

Onder die leiding van Marilize Griffiths van Dance Domination Bloemfontein, het die span, wat onder die naam Black Illusion dans, uitgeblink deur die loop van die dansseisoen.

Die Disco Wêreldkampioenskappe val onder die IDO (International Dance Organization) – ‘n Wêreld Dans- en Danssport Federasie met ‘n lidmaatskap wat strek uit meer as 90 lande, en meer as 250,000 dansers van ses vastelande insluit.

As deel van die fondsinsameling om die koste van die reiskoste na Duitsland te verlig, bied Dance Domination ‘n gholfdag aan by Schoemans Park Gholf Klub op Vrydag 10 Julie 2015. Vir meer inligting of skenkings aan die span, kontak Marilize Griffiths op 0865285556 of epos ddmgriffiths@gmail.com.

 

 

No Comments

Post A Comment